Namakwaland

Musiek & Liriek: Coenie de Villiers

(Songwrights Publishers 1982)

 

En as die jaargety kom draai

En die reënwind oor my randjies waai

Laat die warrelwind ‘n laaste keer

Sy nukke oor my lyf probeer

En roer die reën die droë loop

Dan breek my hart se kleure oop

En knoop ek gou my blommejas

Van Kamieskroon tot Kommagas

 

Namakwaland se veld hou nuwejaar

Kom kyk hoe hotnotsriel ‘n vygie daar

‘n Blyplek, vryplek, Nababiep my ghantang

kom proe hoe soet ‘n ghoukom hier kan smaak

 

Ek sprei my kelkiewynkaros

Waar die horison die more los

En iewers staan ‘n kokerboom

Kniediep in die geel en droom

En die wind maak soms ‘n goue kroon

Van ‘n botterblom se kroon

En êrens oor my wye rug

My marabou, my vleipatrys

 

Namakwaland se veld hou nuwejaar

Kom kyk hoe hotnotsriel ‘n vygie daar

‘n Blyplek, vryplek, Nababiep my ghantang

kom proe hoe soet ‘n ghoukom hier kan smaak