Woorde en musiek: Coenie de Villiers
By jou is ek nie bang nie
Maak dit alles tog weer sin
By jou is nagte veels te kort
En gemaak om te bemin
By jou dra ek nie maskers nie
Kan ek wees net wie ek is
En stroop ek elke laag af
Van die lewe se vernis
By jou word elke bloekombos
‘n orkes van duisend fluite
Wat soet en sag musiek maak
In die suidewind daarbuite
By jou sien ek die noorderlig
In die son wat sawens sak
Word die somerreën nog mooier
As dit snags val op my dak
By jou word elke bloekombos
‘n orkes van duisend fluite
Wat soet en sag musiek maak
In die suidewind daarbuite
By jou vind ek nog vrede
En stilte, soos dit hoort
By jou weet ek uiteindelik
Hoe dit voel om te behoort
CODA
By jou ken ek die antwoord
Op die vrae wat almal vra;
Word my las meteens tòg ligter,
Word dit maklik om te dra

