Ek verken ‘n duisend boeke
Loop die spoor deur jare na
Elke antwoord baar ‘n vraag –
en daar is rééds ‘n duisend vrae
Maar ek soek steeds onverpoosd
Al bly die wysheid my ontwyk
En ek hou steeds goeie moed
Dat ek die eindpunt sal bereik
Waar die raaisel homself oplos
En die spieël uiteindelik bars
En ek die waarheid straks kan vasvang
Soos ‘n skelet in oer-ou hars

